My Dankbaarheidsjoernaal vir Maandag 31 Oktober 2011

1. My wekker lui 04:45 en ek is dankbaar dat ek kan opstaan en kan hoor en sien en loop en praat.

2. Ek is dankbaar dat ek n goeie nagrus gehad het en dat ek elke nag goed slaap.

3. Ek is dankbaar dat ek gesond is en n normale lewe kan lei.

4. Ek is dankbaar dat ons weetbix,melk en suiker in die huis het en ook n mikrogolfoond om dit gou warm te maak.

5. Ek is dankbaar dat ek eetlus het om vandag my kos te kan eet.

6. Ek is dankbaar dat ek n rekenaar het en gou op Facebook al die bemoedigende bybelverse te kan lees asook die dagstukkie van Radio kansel en pastoorJimi le Roux.

7. Ek is dankbaar dat ons huis lopende water en elektrisiteit het.

8. Ek is dankbaar dat ek n oefenfiets in die huis het en dat ek die krag en lus het om 30 Km te oefen, want my arm is gekraak en ek kan vir die volgende 5 weke nie op een van my fietse ry nie.

9. Ek is dankbaar dat my arm nie gebreek is nie.

10. Ek is dankbaar dat ek n pad en n bergfiets besit .

11. Ek is dankbaar dat ek na die fietsry onder n warm stort kan inklim- dit is Hemels.

12. Ek is dankbaar dat ek n motor het om my werksmense te gaan haal, want my bakkie is by die garage vir herstelwerk.

13. Ek is dankbaar dat ek twee goeie verwers het wat vir my werk.

14. Ek is dankbaar dat ons n huis het om te verf.

15. Ek is dankbaar dat Fine Feathers vandag verkoop gaan word.Ons het die besigheid 13 jaar en 11 maande gehad en dit is nou tyd om aan te beweeg.

16. Ek is dankbaar dat Mareze vandag haar laaste praktiese eksamen gedoen het en dat dit goed gegaan het en dat sy vir my gebel het .

17. Ek is dankbaar dat ek met Charl op Skype kon gesels en dat hy besluit het om saam te gaan as ons vir Mareze Tonga toe neem.

18. Ek is dankbaar dat ons droeë wors, kaas en Provita in die huis het, want die oefening het my honger gemaak en ek sou omval as ek dit nie nege uur geeët het nie. Ek is ook dankbaar vir die koppie tee wat ek saam met dit kon geniet.

19. Ek is dankbaar dat ons “fruit mince pies” in die huis het wat ek saam met die elfuur tee kon geniet.

20. Ek is dankbaar dat daar van gisteraand se hoender roerbraai oorgebly het en dat ons dit vinnig vir middagete kon warm maak.

21. Ek is dankbaar vir n liewe sorgsame vrou wat so goed vir my sorg.

22. Ek is dankbaar vir Charl en Mareze wat vir ons nog net plesier in die lewe besorg het en nog nooit vir ons enige probleme besorg het nie.

23. Ek is dankbaar vir goeie vriende waarop ons kan staatmaak as die nood druk.

24. Ek is dankbaar dat Charl sy lewensmaat gekry het ek dat die reelings vir hulle troue vlot verloop.

25. Ek is dankbaar dat Mareze n vriend het het en dat sy gelukkig is.

26. Ek is dankbaar dat Mareze haar fisioterapie kursus hierdie jaar klaarmaak.

27. Ek is dankbaar dat Marie vanmiddag vir my n lekker koppie koffie gemaak het en dat dit suiwer koffie kan wees.(Ek kan nie poeierkoffie drink nie want dit is sleg)

28. Ek is dankbaar dat ek en Marie vannaand die verkoop van Fine Feathers in die Spur kan gaan vier met die “special” twee vir die prys van een burger.

29. Ek is dankbaar dat my buurman vannaand by die Spur vir my kom vra het of ek n sakkie aartappels wil hê.

30. Ek is dankbaar vir die telefoonoproep wat ek gekry het toe ons vannaand by die spur instap. Ek is meegedeel dat ek die kontrak gekry het om n huis op n plaas te verf.

31. Ek is dankbaar dat ons ons eie huis het en dat niemand dus vir ons kan sê dat ons die huis moet verlaat omdat dit verkoop is nie.

32. Ek is dankbaar dat ek n warm baadjie het, want dit is nogal koel vir hierdie tyd van die jaar.

33. Ek is dankbaar dat ek vannaand ‘n warm bed gaan hê om in te kruip.

34. Ek is dankbaar dat ek nie sewende laan hoef te kyk nie.

35. Ek is dankbaar dat ek n paar vertalings van die bybel het en ook nog baie ander geestelike boeke het om te lees.

36. Ek is dankbaar dat ek aan n dissipelskapgroep kan behoort en daar meer van Jesus en sy genade kan leer.

37. Ek is dankbaar dat ek aan n kerk kan behoort.

38. Ek is dankbaar dat ek verlede jaar in die Hemel en Aarde vallei saam met Mareze met die heilige gees gedoop is en die volgende dag in n pragtige poel water by n waterval gedoop is.

39. Ek is baie dankbaar dat die Here Jesus vir my aan die kruis gesterf het en dat ek dit glo en sodoende die ewige lewe kan beêrwe. Ek dink die ewige lewe gaan baie lank wees en ek wil almal wat nognie glo nie aanraai om hierdie saak reg te maak- so gou moontlik.

40. Ek is seker dat daar nog baie dinge is wat ek uitgelaat het en ek is sommer vir dit alles ook dankbaar.

Flip van Niekerk

31 Oktober 2011.

Posted in Gebede | Tagged | Leave a comment

Who Jesus is.

More than two thousand years ago God sent Jesus Christ into this world. He became one of us, but he did nothing wrong. He showed us what God is like- merciful and kind. He healed the sick people, the blind were made to see, the deaf to hear, the lame to walk. Some people followed Him, and to them he gave a new life- Gods way. But others hated Him because He was so good, and he exposed their evil ways.

He gave his own life as a sacrifice, a payment for our sins. He died on the cross to save us. Three days after He died, Jesus Christ came back from the dead. Now he lives in the power of an endless life to meet your need, to be your saviour, to forgive your sins. Jesus Christ is the only one who can do this for you.

If you would like to make Jesus Christ your Lord, then pray and put your trust in Him.

“Thank you, God, for loving me and sending your Son to die on the cross for my sins. I now choose to make Jesus the Lord of my life. Help me to be the kind of person that You want me to be. In Jesus Name , Amen.”

You’ve made the most important decision you will ever make in your life. Jesus said, “if anyone comes toward me, I will not turn him away.” He will be your answer to your questions on life’s journey.

Posted in Testimony, Uncategorized | Tagged | Leave a comment

Lofprysing

Ek is bereid

Ek is bereid, ek is gewillig,

Om op te staan en uit te gaan vir Jesus.

Ek is gereed, ek is gewapen,

Om voor te veg, te doen wat is reg vir Jesus.

Stuur my, lei my

Om te doen wat U vra,

Wys my, leer my om ander se laste te dra

Dankie Jesus, vir U liefde,

My laste het U reeds gedra.

My life is in You Lord

My life is in You Lord

My strength is in You Lord

My hope is in You Lord

In You, its in You

(x2)

I’ll praise You with all of my life

I’ll praise You with all of my strength

With all of my life

With all of my strength

All of my life is in You.

Posted in Testimony, Uncategorized | Tagged | Leave a comment

Die Sersant Majoor van Potchefstroom

Lank gelede is daar op Potchefstroom n subekonomiese behuisingskema gevestig. Die huise was klein en die erwe was groot- watererwe genoem. Voor die erwe was daar n standhoudende watervoor waaruit die mense die erwe kon natlei. Die idée was dat die mense selfonderhoudend moes wees met groente, vrugte en pluimvee, of selfs meer as net selfonderhoudedend- die erwe was groot genoeg.

Die huisies was voor in die erf , naby aan die straat. As Jy die huisie reg van voor bekyk, dan sien jy die voordeur reg in die middel met twee vensters aan weerskante met n stoepie en n veranda voor. As die voordeur oopstaan , dan kyk jy in die gang af, regdeur tot teen die agterste muur vas. Weerskante van die gang is die sitkamer en slaapkamers en heel agter is die kombuis, spens, en opwasplek, aaneen, die volle breedte van die huis.

Een oujaarsaand toe staan daar n man met n voorskoot aan in die kombuis met n pan en kosmaak op n primusstoof. Los hom maar eers lat hy aangaan, ons sal netnou na hom toe rerugkom.

Oorkant die straat in n identiese huis het n gesin gewoon met n hubare dogter by wie n sersant Majoor van die militêre basis gekuier het . Soos gewoonlik as hy kom kuier , het die sammajoor n kas bier saamgebring-“quarts”-om die aand mee op te vrolik, en op hierdie oujaarsaand ook n klomp vuurwerke, onder andere n groot vuurpyl, om die aand mee op te helder, of op te hel vir sommige mense-onintensioneel op te hel, die man het geen kwade bedoelings gehad nie.

Die vuurpyl was n duisendvoeter wat op sy draaipunt bo sulke rooi vuurballe uitgooi-dit is nou op die bopunt van die duisend voet gryswit rookspoor van sy aandryfslading. Nou kan jy nou die problem voorstel as jy die duisend voet rookkolom in n klein subekonomiese huisie sou vaskeer met daardue uitploffende rooi vuurballe so skerp sood “arc welding” en daarmee saam n gesis en geblaas soos n hok vol pofadders.

Goed die sammajoor het die vuurpyl vir lansering opgestel in n bierbottel. Die vuurpyl se aandrywingslading sit “off centre” bo-aan die kant van die stok en toe hy begin “thrust” gooi, druk hy die bierbottel om en die vuurpyl is oor die straat, by die voordeur in van die oorkantse huis , in die gang af tot binne in die kombuis waar die man staan en kos maak op die primus.

Die rook en die gesis en geblaas van hierdie vasgekeerde vuurpyl word dan gevolg deur die uitploffende rooi vuurballe, so skerp soos “arc welding”, maar binne in die digte gryswit rook, maak dit net sulke rooi gloede.Die hele operasie vandat die vuurpyl begin “thrust”gooi tot met die rooi vuurballe, duur minder as 10 sekondes.

Die sersant Major en sy geselskap het in die rookspoor oor die straat beweeg en voor die huis se stoepie gaan staan , verdwaas, gehul in die rook wat by die voordeur uit oor hulle versamel soos mis.

Swart gesilhoeëtteer in die gryswit rook deur die rooi vuurballe en die kombuisligte agter hom , kom die man met die pan in sy een hand en voelend teen die muur met sy ander hand stadig in die gang af en uit op die stoep tot voor die sammajoor en sy mense en sê vir hulle in n rookverskorde stem:”Die dekselse primus het ontplof.”

Piet van Niekerk

Julie 2009.

Posted in Piet se stories | Tagged | Leave a comment

n Kragtige gebed vir vriende/familie/naaste

(Rom 12: 11-14)

Vader, ek kom na u toe in die Naam van U seun Jesus Christus.

Ek bedek nou myself met die bloed van Jesus Christus.

Bedek ook nou [persoon/persone] met die heilige bloed van Jesus Christus.

Was hulle skoon en reinig hulle van enige onvergeefde sonde.  Vader, laat die bloed van Jesus Christus ook enige bose magte en bose invloede vernietig wat inwerk op hul lewens.

Trek, volgens Sag 2:5, U heilige muur van vuur as beskerming rondom hulle.  Stuur vir hulle van U heilige engele om hulle te bewaar van enige verdere bose invloed.

Trek nog verder ook vir hulle die volledige wapenrusting aan wat U voorsien in Ef 6:13 sodat hulle weerstand kan bied en op hulle pos sal bly staan tot die einde toe.

Ek kom nou teen die geeste van haat, bitterheid, moord, wellus, geeste van begeerte en jaloesie, geeste van heksery, towery en al julle mede-geeste, julle werke, julle kragte en julle invloed word nou vernietig in die naam van Jesus Christus.

Vader, ek wil spesiaal versoek dat U hierdie mense se geestelike oë en ore sal open as dit U wil is, in die naam van Jesus Christus, sodat hulle kan sien dat net U hulle kan beveilig en bevry.  Open dit ook sodat  hulle die waarheid sal besef.

Gee hulle opwindinde en diep geestelike stiltetye, sodat hulle U persoonlik kan ontmoet. Doop hulle weereens met die Heilige Gees sodat hulle te alle tye, op U gefokus kan wees, Vader.

Ek bid dit alles in die Naam van Jesus Christus, tot die eer van U Naam.

Posted in Gebede | Tagged , , | 3 Comments

Gemmerbier

5 ml (1 teelepel) suiker

500 ml (2 koppies) louwarm water

1 pakkie (10 g/ 15 ml/ 3 teelepels) kitsgis

700 g (875 ml/ 31/2 koppie) bruinsuiker

5 ml (1 teelepel wynsteensuur

37,5 ml (3 eetlepels) fyn gemmer

OF: 12.5 ml (1 eetlepel) fyn gemmer EN

1 stuk (50 mm/ 2 duim) vars gemmerwortel, geskil en gekap

10 ml (2 teelepels) kremetart

8,5 liter (34 louwarm koppies) water

‘n handvol rosyne

Los die suiker in die 500 ml (2 koppies) louwarm water op en strooi die gis oor. Laat vir 10 minute staan todat die mengsel skuimerig is.Meng die suiker, wynsteensuur, gemmer en kremetart by die 8,5 liter (34 koppies) louwarm water en roer die geaktiveerde gismengsel by. Voeg die rosyne by.

Bedek met ‘n klam doek en plaas vir 12 ure in ‘n WARM plek om te gis.

Giet die bier deur ‘n moeseliendoek en giet deur ‘n tregter en gesteriliseerde, koue bottels. Plaas die proppe op of kurk toe. Plaas vir 3 dae in ‘n KOEL plek. As die bottls te warm kry, sal hulle ontplof.

Plaas in die koelkas tot yskoud. Bedien in lang koeldranklgase met gekapte ys.

Posted in Resepte | Tagged | Leave a comment

Gebakte Skorsies

4 Skorsies

500ml melk

3 eiers

200g(250ml) suiker

25g(50ml) koekmeelblom

Kaneelsuiker

Halveer skorsies,skil af en skep pitte uit.Kook ’n paar minute in soutwater tot net sag.Dreineer en rangskik skorsiehelftes in gesmeerde middelslag-bakskottel.Klits res van bestanddele behalwe kaneelsuiker saam en gooi bo-oor.Bak 45 minute of tot gestol by 180 grade C.Strooi kaneelsuiker oor en sit dadelik voor.Lewe 6-8 porsies.

Butternut en broccoli gereg

1 Pak bacon

Vars sampioene

1 Gekapte ui

Butternut blokkies

Broccoli stukkies

1 Houer room

3 Eiers

1 Ring Feta kaas

Braai uie,bacon en sampioene in pan en hou eenkant.Braai butternut en broccoli in dieselfde pan in dieselfde pan sous-gooi olie by as dit te droog is.Braai tot dit amper sag is.Plaas in oondskottel en voeg uie,bacon en sampioene by.Klits 3 eiers met room en gooi bo oor groente mengsel in bak. Krummel Feta bo-oor en bak teen 180 Grade tot gestol.

Posted in Resepte | Tagged | Leave a comment