Kenridge N. G. Gemeente.(Bellville)

Ek en Marie het die half elf diens van Kenridge N.G. gemeente op Sondag 19 Desember 2010 bygewoon.Ds Heyns was die prediker.Die gemiddelde ouderdom van die gemeente is 34 jaar terwyl die gemiddelde ouderdom van N. G. gemeentes landwyd 54 jaar is.
Daar is 6 kinders gedoop en ons is daaraan herinner dat God ‘n belofte maak en dat sy genade vir ons genoeg is. Dit is net Christus wat ons kan red en die doop word bedien sodat kinders kan glo.
Handelinge 4 vers 12: “Daar is geen redding by iemand anders nie. Daar is geen naam op aarde wat mense kan aanroep om gered te word nie. “(Ek was vanaf begin April 2010 tot 8 November 2010 in n ” Major Depression” en ek het Hom aangeroep en Hy het my uit die depressie uitgelig, en ek was onmiddellik 100% genees)
Maria was maar ongeveer 14 jaar oud toe die engel vir haar gesê het dat sy nie moet bang wees nie, want God bewys genade aan haar en dat sy sal swanger word en n seun baar en dat sy Hom Jesus moet noem.Hy sal groot wees en die seun van die Allerhoogste genoem word. Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid.
Na my genesing het ek  ‘n dors na die woord van die Here. Voorheen het ek meer aan die vleisbraai na die erediens op n Sondag gedink as aan wat die Here vir my wou sê.

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Eredienste and tagged , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s