Rickert Botha- Saterdagoggend 18 Desember 2010

Rickert vertel dat hy op n stadium in die Okraine gewoon het. Die mense daar is brandarm en verdien maar ongeveer R120 per maand.
Hulle vier Kersfees op 7 Januarie en Nuwejaar op 14 Januarie. Op Kersdag word ‘n feesmaal bedien en is daar baie om te eet en word niks gespaar om van die geleentheid ‘n enorme feesmaal te maak nie. Ongelukkig drink hulle baie. (Ek was gister,oukersdag, Donkieskraal toe.Vir die wat nie weet nie is Donkieskraal 80 Kilometer vanaf Piketberg. ‘n Mens ry verby die Eendekuil afdraaipad verby Het Kruis en Paleisheuwel en Sandberg stasie.Tussen Sandbergstasie en Leipoldtville draai n mens links en dan is dit nog ongeveer 10 Kilometer tot by Donkieskraal. Ek het baie tyd gehad en het  met die terugreis vanaf Donkieskraal na Piketberg by al die plekkies aangegaan. Sandberg stasie was byna verlate en ek het net een persoon gesien. Hy was uitgepaas van te veel drank. Op die ander plekke was daar meer mense en die meeste van hulle was dronk. Toe ek Paleinheuwel binnery was ek “getrakteer” op ‘n geveg waar een half dronke ‘n heeltemal dronke onderstebo slaan en daarna verskeie kere skop.) Dit lyk my drankmisbruik gedurende die kerstyd is n wêreldwye verskynsel, en dit behoort vir alle Christene ‘n uitdaging te wees om iets aan hierdie tragiese situasie te doen.
Terug na die mense van die Okraine. Hulle is ook gelowige mense soos ons, vertel Rickert Botha. Hulle het egter ‘n Kersmoeder en nie ‘n Kersvader nie. Die stories wat vertel word draai rondom die geboorte van Jesus. Hierdie brandarm mense besoek kinderhuise op Kersdag en besoek die mense wat nog armer as hulle is. Hulle is baie gasvry en gee hulle alles vir hulle medemens.
Rickert sê hy het by ‘n ouma (Babuska) op Kersdag gaan eet. Die ouma het vir hom ‘n klein lelike poppie wat omtrent twee rand werd is gegee. Hierdie poppie was egter die kosbaarste item in haar huis. Sy was baie bewoeë en het die mooiste ding in haar huis vir hom gegee, om hom te eer.
Rickert sluit altyd sy praatjie af met ‘n pleister vir die dag:”God het hom ontledig.Ons moet dit ook aan ander mense doen. Ons moet ons harte oopmaak vir ander mense.”
‘n Geseënde Kersfees aan almal.
Flip, Marie, Charl en Mareze van Niekerk
Naskrif 1: Ons bekommer ons so dikwels oor onbenullighede. Kom ons probeer in die nuwe jaar om dit nie te doen nie, want dit ontneem ons van ons lewensvreugde.:”Don’t sweat the small shit” of soos Dr. Sam Scheepers in die begin van my depressie vir my gesê het: “Raak ontslae van al die klein kakkies.”

Naskrif 2: “With God suffering is never the final outcome” AdadFlip van Niekerk het ondervinding daarvan.

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Eredienste and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s