Vredelust Gemeente (Bellville)

Ek, Marie en ons dogter Mareze het die aanddiens op Sondag 19 Desember 2010 bygewoon. ‘n Baie briljante sanger met die naam van Riaan het tydens hierdie kerssangdiens gesing en tussenin het ‘n man gepraat.
Ons het gehoor dat die skaapwagters van die bybelse tyd diewe en oor die algemeen slegte mense was. Omdat hulle tussen die skape geleef het het hulle min gewas en het hulle soos die skape geruik (nie baie lekker nie). Meteens het daar ‘n engel van die Here by hulle gestaan en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. Vir hulle was dit ‘n enorme belewenis, want hulle het eintlik nie verdien om ‘n kans in die lewe te kry nie. Hierdie belewenis het egter hulle lewens radikaal verander.
In ‘n proefneming het ‘n violis een oggend gedurende spitstyd in die Wasington “underground station” viool gespeel tussen sewe uur en agtuur in die oggend. Daar het 1097 mense verbygeloop en ses en dertig mense het vir hom geld in ‘n hoed ingegooi. Daar was altesaam 28 Dollar en 36 sent in die hoed. Een persoon het gehuil. Dit was die violis , want hy was die wêreldbekende violis met die naam van Josua Bell. Hy het in die jaar 2009 die grootste gehore van alle musikante wêreldwyd getrek en hy was aangewys as die topmusikant van die jaar. Hy is ‘n man wat $1,000 per minuut verdien het. Niemand het hom herken nie.
Ons loop elke dag verby Jesus.Ons mis die grootste man van alle tye.

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Eredienste and tagged , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s