My kort gholfloopbaan en die langtermyn gevolge daarvan.

My kort gholfloopbaan en die langtermyn  gevolge daarvan.

(wat hieronder beskryf word is nie fiksie of gebasseer op die waarheid nie.Wat gebeur het,het gebeur soos hieronder beskryf)

Die Army manier van doen is om n werksdag te begin met n “ordergroep”.Dit is n bevel-en beheervergadering waar die take vir die dag uitgesit word en die uitvoering daarvan beplan word.Dit,in kort, is wat n ordergroep is.En “kort”is die sleutelwoord.Elke woord moet tersake wees.Elke man moet die maksimum sê met die minimum woorde.Daar is nie tyd vir spekulasie en “hana hana’ en “ek wonder” nie.Jy moet voor die tyd klaar wonder.

Ons bevelvoerder was Kolonel Rogers.Hy het vier minute van die beperkte tyd gebruik om die vergadering met skriflesing en gebed te open.Die tyd het hy by die ander lede van die vergadering “gesteel”.As daar vyf manne in die vergadering is,beteken dit dat elke man nou 48 sekondes minder het om te sê wat hy moet sê.

Kol.Rogers was n buitengewone en besonderse man.Hy het n “hotline” of n oop kanaal na God gehad,konstant,nie net so af en toe n vinnige konsultasie wanneer en indien nodig nie-konstant.Hy het dit nie verkondig of geadverteer nie,maar hy het dit ook nie weggesteek nie.Almal het geweet hy het kanale na Bo en kontakte daar wat ons gewone sterflinge nie het nie.Ons het ons skeptisisme of blatante ongeloof nie geadverteer of hardop uitgespreek nie.As dit vir hom werk dan is dit goed so.Ons het vir Kol Rogers respek gehad,as soldaat en as man.

Ons het n sosiale gholfdag gereël by die Militêre Inligtingkollege langs Fort Klapperkop.Die gholfbaan was so tussen die geboue deur,oor die rugbyveld,tussen bome deur en bo-oor bome.Dit is n moeilike baan.

Ons is in spanne opgedeel,drie manne per span.Ek was in Kol. Rogers se span.Ek is geen gholfspeler nie.Ek kon n bal hard en ver slaan,as ek hom raakslaan,maar nie akkuraat nie.As ek n korter hou speel,slaan ek hom meermale raak en n bietjie meer akkuraat,maar nog steeds dikwels mis of onakkuraat.

Ons span het swak gevaar.Ons beland toe in n posisie waar ek ons span moes red met n baie lang en akkurate hou.As ek dit nie doen nie is ons uit die”game” uit.

Dit was n hou,diagonal oor die rugbyveld,van die noordoostelike hoek van die veld tot op die “green”op die suidwestelike hoek.Die hou moes geslaan word van hoëgrond af,so vier meter hoër as die veld.

Kol Rogers sê toe vir my:”Slaan nou die bal hard en akkuraat tot op daardie green”

Ek sê toe vir hom:”Kolonel nee,kan nie gedoen word nie.Ek kan hom hard slaan,maar akkuraat-nee,of akkuraat,maar kort,en nie een van die twee gaan werk nie.”

Hy sê vir my:”Man, ek het gevra daarvoor,dit is klaar gereel,dit is ge-organize,slaan net die bal”.

“Maar Kolonel……….”

“man slaan die bal,ek het kontakte en kanale wat jy nie het nie-dis ge-organize,slaan die bal!”

Ek slaan toe die bal,ver en akkuraat,tot op die “green”,minder as twee meter van die gat af,n maklike “put”

En dis nie die einde van die wedstryd nie.

By n volgende hou moes die bal 30 meter ver,en hoog gelig word,bo-oor 7 meter hoë bome,om dan loodreg op die”green” te val,sonder enige rol.Die bome staan op die kant van die “green”en ek 30 meter weg.Die bome staan so dig dat daar nêrens n spasie wyer as 300mm is om n sagter,maar meer akkurate hou te speel nie.En op 30 meter lyk 300mm te smal vir n gholfbal om deur te gaan.

Kol Rogers sê toe vir my,”kom nou hard en lag onder die bal in,baie laag,en dan lig jy hom bo-oor die bome.Die draaipunt van die bal moet so wees dat hy bokant die “green” klaar is met sy draai en loodreg op die “green” val sonder om te rol.”

Ek sê,”maar Kolonel…….”

Hy sê,”jy het gesien wat met daardie vorige hou gebeur het waaroor jy ook n paar “ja,maars” gehad het……..,Slaan die bal!”

Ek dag ,kolonel hierdie keer “stretch” jy jou “hotline”en jou kanale en jou kontakte n bietjie te ver.

Ek slaan die bal.

n Volhou.

En hy trek met n stink spoed ,n meter en n half bokant die grond,horisontaal,akkuraat tussen die boomstamme deur,bo-oor die “green”-weg.

Maar…………………”daar het n doringboompie

Vlak langs die “green” gestaan

En n voël draai bowe

In eensame vlug,dis….nie al nie

Nie in hierdie geval nie.”

(met apologie aan Jan F. Celliers)

Daar het n enkel alleen doringboompie so 15 meter anderkant die “green” gestaan.Die bal tref die boompie senter op sy stam en hy hop terug na die “green” toe en gaan lê minder as twee meter van die gat af.

“Jammer Kolonel,u het gesê die bal moet nie rol nie.”

Jare later was ek in baie moeilike situasies en omstandighede en ek het gewens Kol Rogers was daar met sy “hotline” en kanale en “kontakte”.Toe besef ek ,maar as jy dit nou wens,beteken dit mos nou by implikasie dat jy begin glo dat daar moontlik wel sulke direkte lyne bestaan,of jy begin twyfel in jou oortuiging dat dit nie bestaan nie.

Nog later in nog moeiliker situasies en omstandighede het ek besluit daardie direkte lyne en kanale is nou die enigste uitweg,as ek net die nommer kan kry om te skakel.

Ek het gesoek en die nommer gekry en geskakel en deurgekom.

Kol Rogers se “hotline”en”kanale”en “kontakte” is daar,dit bestaan.

Ek het nooit weer op n gholfbaan gekom nie.Die wedstryd wat daar gespeel is en die houe wat daar gespeel is,sal jy nooit weer kry nie,nêrens nie.

Geen gholfer,nie Tiger Woods of Gary Player of Ernie Els sal intensioneel daardie hou kan speel wat ek onintensioneel gespeel het nie.Ek glo die Hoër Mag het daardie hou intensioneel beplan vir eenmalige gebruik om nooit weer herhaal te word nie.

Piet van Niekerk

Januarie 2009

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Piet se stories and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to My kort gholfloopbaan en die langtermyn gevolge daarvan.

  1. theC says:

    Dis nogal ‘n merkwaardige storie, maar ek sal net graag wil weet in watter jare hierdie gebeur het.

  2. Chris Zeelie says:

    Uitstekende artikel. Blessings vir julle daar onder innie Kaap!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s