My Ouma

My ouma Philipina Jacoba Christoffelina Van Niekerk(geb. Coetzer) het baie spesifieke idees gehad oor verdriet en kampering-veral kampering waarvan sy genoeg gehad het in die konsentrasiekamp tydens die Anglo Boereoorlog.

Haar dogter Johanna Hendrieka,tante Jo,was getroud met Jan Muller,n boer vanAlexandrie,Oos Kaap.Sy plaas het aan die suidekant in die see ingeloop met n baie breëduineveld en strand-n baie winderige onherbergsame plek.Die skepping is in daardie deel van die wêreld nog nie voltooi nie-vandaar die konstante wind en waaierige sand.Die plek is weens onbekende redes gelos vir later.

Oom Jan was blind en my ouma was oud.

Oom Jan en sy gesin het elke Nuwejaar op die strand gaan “kampeer.”Die wind waai en die vleis is vol sand en so ook die waatlemoene en ander kos.Die vleis kan jy nie kou nie weens die sand-jy druk hom net so lyfseer met die tande en sluk hom.

Oom Jan omdat hy blind was en my ouma omdat sy oud was kon nie saam met die ander mense op die strand gaan baljaar nie.Oom Jan moes toe maar met sy skoonma sit en gesels:”Ja ma,”sê hy,”ons kom maar elke nuwejaar vir ons plesier hier na die strand toe.”

Here Jan,”sê sy ,”as dit jou plesier is wil ek  jou verdriet nie sien nie”

Piet van Niekerk

09/09/09

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Piet se stories and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s