Kampkos

– Lise Beyers-Die Burger van Dinsdag 12 Junie 2007 –

Lekker afval moet stadig berei word.

Ek gaan seker taamlik ongewild wees nadat ek die volgerde uilating gemaak het,dus wil ek sommer vroegtydig aan al die mense in my lewe wat reken hulle maak die beste afval sê:jammer.

Ek sal 99% van geregte of eet of ten minste probeer eet voordat ek sê dat ek nie daarvan hou nie.Afval was nog altyd daardie einste gereg wat ek summier geweier het om te eet.Sy reuk en voorkoms het my doodeenvoudig nooit aangetrek nie.Dis nou totdat ek twee jaar gelede die groot Paarliet Johan Rossouw ontmoet het,of liewer Johnny R(met die R in Ingels uitgespreek),soos al sy baie vriende hom ken.

Dit was op n Drienasierugby-kykdag dat ek die man by vriende raakgeloop het.Hy was druk besig voor n ysterpot en het so suutjies-suutjies homself met die kos bemoei.

Ek hoor toe dat Jonnie R die afvalkoning is,maar ek trek stilletjies my neus daarvoor op,want daarin stel ek beslis nie belang nie.Ek bly maar stil;en toe dit by opskeptyd kom,moes ek maar my afkeer in my agtersak steek,want ek wou nie my gashere in die gesig vat nie.Hulle is net te trots daarop dat die afvalkoning sy meesterstuk in hul huis kom berei het.Die manne lek hul lippe af ,en hul gades sit reeds voor hul borde in groot afwagting terwyl Johnnie sy ding doen.

Met opskeptyd dwing ek my om n bietjie te proe,met die verskoning dat ek nie eintlik honger is nie.

Maar toe ek my asem ophou en die brousel proe,is dit asof die engele in die hemel begin sing.Dis asof ek uiteindelik die lig gesien het,die wonder waaroor die hele bohaai oor afval nou eintlik gaan.

Hy het die lekkerste lymerige sousie gehad.Die pens was tot smeltens toe sag gekook,en n mallemeule van geure het in my mond losgebars.

Later skep ek weer ,en n oom sê vir my :”ek sien jou eetlus is terug.”Ek bloos soos n rooiwarm rissie.Hierna het ek aan die afval-eet geraak waar ek kon,maar Jonnie R s,n is bobaas.Ek het Jonnie R later taamlik goed leer ken en besluitdat,aangesien dit nou juis die tyd van die jaar is dat afval koning kraai,ek geensins gaan probeer voorgee dat ek die gereg kan berei nie.Dit is dus vir my n eer dat hy sy resep met my deel.

Toevallig het my afval-kookles met Jonnie ook op n toetsrugbydag begin.Dis eintlik n goeie dag vir die gereg,want soos ek sou agterkom,dit is n langsame kookproses,en die eet daarvan later help dat die alkohol nie so vinnig na die kop gaan nie.

Johnnie gebruik nie net een skoon skaapafval vir hierdie heerlike pot nie,maar voeg ook twee varkpote wat dik opgesny is,by,asook n skaap lieslap in blokkies gesny,n goeie stuk skoon beespens en dan soveel skaaptongetjies soos hy in die hande kan kry.

Laat alles behalwe die lieslap so twee uur lank in asynwater lê,net om seker te maak dat alles mooi skoon is.Die skaap-en beespens word in netjiese blokkies opgesny,maar hou dit apart.

Plaas die beespens in n platboompot en bedek dit met kookwater.Voeg nou een bees-en hoenderekstrak blokkie by,asook die volgende geurmiddels:n paar heel naeltjies en peperkorrels,n knippie gemaalde neut,sout na smaak,n lourierblaar en n knertsie Worcestersous.

Laat dir n uur lank prut voordat die res van die vleis en afval bykom.

Die kookproses van afval is tydsaam en kan nie aangejaag word nie.Hy moet n goeie vyf uur stadig prut.

As die vloeistof aan die min kant lyk,gooi n bietjie witwyn by.Onthou,afval moet n heerlike lang,lymerige sous hê,en dit moet geensins warerig wees nie.

Sowat anderhalfuur voordat jy wil eet,kom min of meer tien klein aartappels daarby,asook baba-uitjies as jy lief daarvoor is.Die volgende byvoegings is noodsaaklik,sê Jonnie R:die gerasperde skil van twee suurlemoene,asook hul sap.

Wanneer jy voel dat die vleis heerlik sag is na jou smaak kan jy die mengsel in die pot net so eet of vir diegene wat Kerrie afval soek,soos volg aanpas:

Braai twee groot fyngekapte uie in n bietjie olie.Wanneer dit mooi deurskynend is,voeg twee eetlepels kerriepoeier,borrie en paprika by,asook n teelepel mosterdsaad.Na n paar minute word die kerriemengsel in die pot goed geroer,en die afval is gereed wanneer jy is.

Geniet dit!

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Resepte and tagged , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s