Die Sersant Majoor van Potchefstroom

Lank gelede is daar op Potchefstroom n subekonomiese behuisingskema gevestig. Die huise was klein en die erwe was groot- watererwe genoem. Voor die erwe was daar n standhoudende watervoor waaruit die mense die erwe kon natlei. Die idée was dat die mense selfonderhoudend moes wees met groente, vrugte en pluimvee, of selfs meer as net selfonderhoudedend- die erwe was groot genoeg.

Die huisies was voor in die erf , naby aan die straat. As Jy die huisie reg van voor bekyk, dan sien jy die voordeur reg in die middel met twee vensters aan weerskante met n stoepie en n veranda voor. As die voordeur oopstaan , dan kyk jy in die gang af, regdeur tot teen die agterste muur vas. Weerskante van die gang is die sitkamer en slaapkamers en heel agter is die kombuis, spens, en opwasplek, aaneen, die volle breedte van die huis.

Een oujaarsaand toe staan daar n man met n voorskoot aan in die kombuis met n pan en kosmaak op n primusstoof. Los hom maar eers lat hy aangaan, ons sal netnou na hom toe rerugkom.

Oorkant die straat in n identiese huis het n gesin gewoon met n hubare dogter by wie n sersant Majoor van die militêre basis gekuier het . Soos gewoonlik as hy kom kuier , het die sammajoor n kas bier saamgebring-“quarts”-om die aand mee op te vrolik, en op hierdie oujaarsaand ook n klomp vuurwerke, onder andere n groot vuurpyl, om die aand mee op te helder, of op te hel vir sommige mense-onintensioneel op te hel, die man het geen kwade bedoelings gehad nie.

Die vuurpyl was n duisendvoeter wat op sy draaipunt bo sulke rooi vuurballe uitgooi-dit is nou op die bopunt van die duisend voet gryswit rookspoor van sy aandryfslading. Nou kan jy nou die problem voorstel as jy die duisend voet rookkolom in n klein subekonomiese huisie sou vaskeer met daardue uitploffende rooi vuurballe so skerp sood “arc welding” en daarmee saam n gesis en geblaas soos n hok vol pofadders.

Goed die sammajoor het die vuurpyl vir lansering opgestel in n bierbottel. Die vuurpyl se aandrywingslading sit “off centre” bo-aan die kant van die stok en toe hy begin “thrust” gooi, druk hy die bierbottel om en die vuurpyl is oor die straat, by die voordeur in van die oorkantse huis , in die gang af tot binne in die kombuis waar die man staan en kos maak op die primus.

Die rook en die gesis en geblaas van hierdie vasgekeerde vuurpyl word dan gevolg deur die uitploffende rooi vuurballe, so skerp soos “arc welding”, maar binne in die digte gryswit rook, maak dit net sulke rooi gloede.Die hele operasie vandat die vuurpyl begin “thrust”gooi tot met die rooi vuurballe, duur minder as 10 sekondes.

Die sersant Major en sy geselskap het in die rookspoor oor die straat beweeg en voor die huis se stoepie gaan staan , verdwaas, gehul in die rook wat by die voordeur uit oor hulle versamel soos mis.

Swart gesilhoeëtteer in die gryswit rook deur die rooi vuurballe en die kombuisligte agter hom , kom die man met die pan in sy een hand en voelend teen die muur met sy ander hand stadig in die gang af en uit op die stoep tot voor die sammajoor en sy mense en sê vir hulle in n rookverskorde stem:”Die dekselse primus het ontplof.”

Piet van Niekerk

Julie 2009.

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Piet se stories and tagged . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s