My Dankbaarheidsjoernaal vir Maandag 31 Oktober 2011

1. My wekker lui 04:45 en ek is dankbaar dat ek kan opstaan en kan hoor en sien en loop en praat.

2. Ek is dankbaar dat ek n goeie nagrus gehad het en dat ek elke nag goed slaap.

3. Ek is dankbaar dat ek gesond is en n normale lewe kan lei.

4. Ek is dankbaar dat ons weetbix,melk en suiker in die huis het en ook n mikrogolfoond om dit gou warm te maak.

5. Ek is dankbaar dat ek eetlus het om vandag my kos te kan eet.

6. Ek is dankbaar dat ek n rekenaar het en gou op Facebook al die bemoedigende bybelverse te kan lees asook die dagstukkie van Radio kansel en pastoorJimi le Roux.

7. Ek is dankbaar dat ons huis lopende water en elektrisiteit het.

8. Ek is dankbaar dat ek n oefenfiets in die huis het en dat ek die krag en lus het om 30 Km te oefen, want my arm is gekraak en ek kan vir die volgende 5 weke nie op een van my fietse ry nie.

9. Ek is dankbaar dat my arm nie gebreek is nie.

10. Ek is dankbaar dat ek n pad en n bergfiets besit .

11. Ek is dankbaar dat ek na die fietsry onder n warm stort kan inklim- dit is Hemels.

12. Ek is dankbaar dat ek n motor het om my werksmense te gaan haal, want my bakkie is by die garage vir herstelwerk.

13. Ek is dankbaar dat ek twee goeie verwers het wat vir my werk.

14. Ek is dankbaar dat ons n huis het om te verf.

15. Ek is dankbaar dat Fine Feathers vandag verkoop gaan word.Ons het die besigheid 13 jaar en 11 maande gehad en dit is nou tyd om aan te beweeg.

16. Ek is dankbaar dat Mareze vandag haar laaste praktiese eksamen gedoen het en dat dit goed gegaan het en dat sy vir my gebel het .

17. Ek is dankbaar dat ek met Charl op Skype kon gesels en dat hy besluit het om saam te gaan as ons vir Mareze Tonga toe neem.

18. Ek is dankbaar dat ons droeë wors, kaas en Provita in die huis het, want die oefening het my honger gemaak en ek sou omval as ek dit nie nege uur geeët het nie. Ek is ook dankbaar vir die koppie tee wat ek saam met dit kon geniet.

19. Ek is dankbaar dat ons “fruit mince pies” in die huis het wat ek saam met die elfuur tee kon geniet.

20. Ek is dankbaar dat daar van gisteraand se hoender roerbraai oorgebly het en dat ons dit vinnig vir middagete kon warm maak.

21. Ek is dankbaar vir n liewe sorgsame vrou wat so goed vir my sorg.

22. Ek is dankbaar vir Charl en Mareze wat vir ons nog net plesier in die lewe besorg het en nog nooit vir ons enige probleme besorg het nie.

23. Ek is dankbaar vir goeie vriende waarop ons kan staatmaak as die nood druk.

24. Ek is dankbaar dat Charl sy lewensmaat gekry het ek dat die reelings vir hulle troue vlot verloop.

25. Ek is dankbaar dat Mareze n vriend het het en dat sy gelukkig is.

26. Ek is dankbaar dat Mareze haar fisioterapie kursus hierdie jaar klaarmaak.

27. Ek is dankbaar dat Marie vanmiddag vir my n lekker koppie koffie gemaak het en dat dit suiwer koffie kan wees.(Ek kan nie poeierkoffie drink nie want dit is sleg)

28. Ek is dankbaar dat ek en Marie vannaand die verkoop van Fine Feathers in die Spur kan gaan vier met die “special” twee vir die prys van een burger.

29. Ek is dankbaar dat my buurman vannaand by die Spur vir my kom vra het of ek n sakkie aartappels wil hê.

30. Ek is dankbaar vir die telefoonoproep wat ek gekry het toe ons vannaand by die spur instap. Ek is meegedeel dat ek die kontrak gekry het om n huis op n plaas te verf.

31. Ek is dankbaar dat ons ons eie huis het en dat niemand dus vir ons kan sê dat ons die huis moet verlaat omdat dit verkoop is nie.

32. Ek is dankbaar dat ek n warm baadjie het, want dit is nogal koel vir hierdie tyd van die jaar.

33. Ek is dankbaar dat ek vannaand ‘n warm bed gaan hê om in te kruip.

34. Ek is dankbaar dat ek nie sewende laan hoef te kyk nie.

35. Ek is dankbaar dat ek n paar vertalings van die bybel het en ook nog baie ander geestelike boeke het om te lees.

36. Ek is dankbaar dat ek aan n dissipelskapgroep kan behoort en daar meer van Jesus en sy genade kan leer.

37. Ek is dankbaar dat ek aan n kerk kan behoort.

38. Ek is dankbaar dat ek verlede jaar in die Hemel en Aarde vallei saam met Mareze met die heilige gees gedoop is en die volgende dag in n pragtige poel water by n waterval gedoop is.

39. Ek is baie dankbaar dat die Here Jesus vir my aan die kruis gesterf het en dat ek dit glo en sodoende die ewige lewe kan beêrwe. Ek dink die ewige lewe gaan baie lank wees en ek wil almal wat nognie glo nie aanraai om hierdie saak reg te maak- so gou moontlik.

40. Ek is seker dat daar nog baie dinge is wat ek uitgelaat het en ek is sommer vir dit alles ook dankbaar.

Flip van Niekerk

31 Oktober 2011.

About flipfaith

Passionate, Reborn, Spirit-filled follower of Jesus, son of God.
This entry was posted in Gebede and tagged . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s