Stories

Soos baie mense weet was ek vir agt maande in n baie diep depressie(“major depression)”, en het die Here het my op Maandag 8 November 2010 uitgelig en volkome genees.Ek is wel volkome genees, maar die Here het geweet wat hy doen, want ek glo nou 100% Ek kan getuig dat die tyd van wonderwerke nognie verby is nie. Ek is 100% genees.  Die Here is so baie lief vir ons almal, maar in hierdie geval vir my  en ek glo nou 100% in teenstelling met die eerste sestig jaar van my lewe toe ek , as ek nou terugkyk, meer getwyfel het as wat ek geglo het.

Vandat ek genees is is daar so baie dinge wat ek moet doen om my en Marie se lewens weer na normaal te laat terugkeer dat ek nognie by die skryf van e-posse uitgekom het nie, maar my plan is om mettertyd meer aandag  daaraan te gee.

Ek sal op n later stadium ook meer inligting oor my broer Piet  en sy stories deurgee.Piet het gesê ek kan maar die stories wat hy geskryf het aan e-pos vriende stuur en ek is van plan om dit met die verloop van tyd te doen.

Piet het hierdie storie op 20 Januarie 2009 geskryf:

Die opskrif van die storie is: n Politikus sê “gaan in daardie rigting in en hou koers in daardie koers in waarin jy nou ingaan.Staatsmanne sê, volg my.”

Dit was die opskrif.Hierdie storie het niks te doen met politici of staatsmanne nie. Maar n storie moet n opskrif hê en dit is al  waaraan ek vinnig kon dink.

Die storie het te doen met die Wes-Driefontein goudmyn wat oorstroom het-oorstroom soos in tot bo 22 000 voet diep, of 7 000 meter-dit is 7 kilometer-diep, nie ver nie.Diep is dieselfde as ver ,dit is net baie affer. Dit is nou met apologie aan daardie nimlike troep, Kleinjan Kluitgraaf, , wat vir sy ouers op hulle plat plaas douoer ver in die diep Kalahari geskryf het . Hy het “grens” toe gevlieg in n aeroplane:n Aeroplane vlieg hoog.Nou hoog is dieselfde as ver , dis net baie opper.”

Daar was n mynwerker in die oorstroomde Wes Driefontein-myn,knie diep in die stygende water , wat in n koers in gevloei het .

Hy het geen idee waarheen hy op pad was nie.Hy het geen idee  gehad van waar hy was of  waarheen hy op pad was nie.

Hy beweeg nou maar in n koers in , met sy koplamp as die enigste lig in die stygende water.

Met die water so middellyf hoogte kom hy toe af op n groep swart mynwerkers wat daar op rotslys sit en wag , in n toestand van skok-op die rand van paniek, en n swart mynwerker is n tawwe ding, dit verg baie om hom te laat “panic “.  Maar , as hy nou n verkeerde woord sê , is dit verby, maar hy het geen woord om vir hulle te sê nie, ook nie vir homself nie nie.

Hulle wou toe by hom weet ,” nou maar wat nou, waarheen nounou? Hy kon hulle nie antwoord nie, want hy het self nie geweet nie.  Hy sê toe vir hulle:”Volg my .”

En hulle het hom gevolg en hulle het uitgekom.

Soos n opskrif, moet n storie ook n “moral” hê. Nou die “moral ” van die storie is,”as jy nie weet  in watter koers jy moet beweeg nie,volg My,Die My met die groot M.

Naskrif: Flip , met die verkiesing op hande oorweeg ek dit  om n politikus te word. Ek is geen staatsman nie, maar in die huidige opset maak dit nie saak nie. Ek wil die Ossewa Brandwag in al sy glorie laat herleef en n koalisie vorm met die M.O. T. H.- organisasie.

” Hou koers!” Old Soldiers Never Die———-”

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s